Enjoy up to 55% Off! Code: JOLLY Ends: 12/5 Details
Apply
  1. Help

Willem & Charlene

Hello, you either have JavaScript turned off or an old version of Adobe's Flash Player. Get the latest Flash player.

Willem & Charlene - Page Text Content

S: Willem & Charlene

BC: Saam word ons een

FC: Willem & Charlene 21 April 2012 | Liefde

4: T | R | O | U | K | A | R

10: Hemelse Vader Vandag is my troudag. My hart is vol van vreugde en geluk dat dit my bang maak. Wil U my bystaan in hierdie groot tree sodat vandag se vreugde nooit verflou nie en ons hierdie stap nooit sal berou nie. Gee dat herinneringe net mooier mag word by elke herdenkingsdag. Here dankie vir hierdie wonderlike lewensmaat wat U aan my geskenk het. Skenk my die vermoe om Willem altyd liefdevol en getrou te hou soos nou. Mag ek genade vind om vir Willem 'n vrou te wees met liefde en geduld 'n steunpilaar wat Willem altyd getrou in die huwelik sal volg. Ek bid dat U ons sal beskerm teen versoekings wat op die weg van ons sondaarsharte mag kom. Wees naby my waar ek die roeping van vrouwees begin. Gee my die gawe om ons huis 'n warm tuiste te maak vir Willem en as dit U wil is ons kinders. Here die huwelik is 'n heilige instelling help my om dit heilig te hou. Wil U ons tot aan die einde van ons aardse reis veilig in U hande hou lei en beskerm. Ek vra U om die grondslag te wees waarop ons die fondamente van ons huwelik bou. Amen

11: Almagtige Vader Die huwelik is deur U ingestel en vir ons gegee toe U gese het: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie: Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help sy gelyke" Ek staan vandag voor die kansel met my gelyke wat U oor my lewenspad gebring het my sielsgenoot wat my aanvul en altyd by my staan. Dankie Here vir die voorreg die vreugde en die verantwoordelikheid wat U aan my toevertrou. Ek aanvaar dit met my hele hart en sal elke dag tot die beste van my vermoe probeer om my verpligte teenoor Charlene na te kom. Ek wil vir U vra dat ek en Charlene 'n geseende en gelukkige lewe saam sal lei en dat die grondslag van hierdie huwelik in U palm sal rus sodat U U hande om ons kan vou om ons te beskerm. Here as dit U wil is vra ek aan U die voorreg vir 'n gesonde en geseende gesinslewe in hierdie huwelik. Laat ons die huwelik volmaak afrond. Gee ons krag sodat ons vandag hier uitstap as 'n huwelikspaar om U wil uit te leef wat aan ons geskenk is. Help ons om te bou met liefde en in vertroue op die mooi dinge wat ons in mekaar gevind het. Amen

14: Hierdie ring simboliseer die eindlose vereniging van my lewe met joune. Jou drome is nou my drome, jou hoop is my hoop, jou vrese is my besorgdheid. Jou teerheid my vreugde en jou liefde my seen.

15: Saam sal Ons 7 sakke sout eet

17: Teken die Register | joy

20: Eerste Dans

21: Kousband | Ruiker | Toespraak

30: Happily Ever After

32: Wat is Liefde?

33: Dis 'n houtkruis teen alleenheid, 'n Steunpilaar in pyn, 'n Vuurhoutjie en 'n olielamp, wanneer jou lewenslig begin kwyn. Dis 'n skouer om op te huil, wanneer die wereld jou soms druk, 'n Hand wat weet wanneer om jou vas te hou, en wanneer om vir jou 'n roos te pluk. Dis 'n oor wat na jou luister, Al praat jy soms nie sense, 'n Stem wat vir jou fluister: "Jy's 'n dierbare mens" | Dis 'n kombers teen die koue, 'n Sambreel teen die reen, 'n Fort waardeur geen wind kan waai, Selfs wanneer die donderweer buite dreun. Dis 'n telefoonoproep uit die bloute, 'n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het, En wanneer woorde oorbodig is, word Liefde 'n stille gebed. Bo alles is Liefde 'n gawe van God - Geen mens kan daarsonder klaarkom - Dis die kern van Sy grootste gebod.

Sizes: mini|medium|large|ginormous
Default User
  • By: Jacky
  • Joined: over 7 years ago
  • Published Mixbooks: 1
No contributors

About This Mixbook

  • Title: Willem & Charlene
  • 21 April 2012
  • Tags: None
  • Started: over 4 years ago
  • Updated: over 4 years ago

Get up to 50% off
Your first order

Get up to 50% off
Your first order